Wednesday, 19 October 2011

IKT binne die Suid Afrikaanse konteks

IKT hou verseker groot voordele in vir ons land. Nie net vir onderrig en leer nie, maar ook vir Suid_afrika as 'n ontwikkelende land binne 'n wereld vol moontlikhede. Dit kan lei tot ekonomiese groei en ontwikkelling sowel as onderrig voordele vir die leerder asook die onderwyser.
Die verbetering van leer met behulp van IKT, hou voordele in binne die snelveranderende 21 ste eeu soos: Tegnologiese geletterdheid, kommunikasievaardighede, die vermoe om saam met ander te werk, die vermoe om dinamiese situasies te hanteer, probleemoplossings vaardighede en inligtingsgeletterdheid.
IKT bied oog verbetering in die gehalte van onderrig en die opleiding van onderwysers.
Dit is ook belangrik om te besef dat IKT en die implimentering daarvan 'n langdurige en komplekse proses is, en nie binne die nabye toekoms algeheel geimplimenteer gaan word na wense nie. Die hoof rede hiervoor is dat daar nie genoegsame fondse beskikbaar is nie, en dat daar ook nie binne Suid-Afrika se begroting voorsiening hiervoor gemaak word nie

No comments:

Post a Comment