Wednesday, 19 October 2011

Die Gebruik Van Rekenaars in Skole


In die hedendaagse lewe speel die rekenaar 'n al hoe groter rol. In die skool is daar ook 'n groot aanvraag na rekenaars.

Skole word genoodsaak om rekenaar lokale te hê en rekenaar wetenskap as vak aan te bied, omdat die mens al hoe meer afhanklik raak van die rekenaar en die tegnologie, ons lewe tog in die tegnologiese era. Dit is dus noodsaaklik dat skole byhou by die tegnologie en leerders in staat stel om die nodige kennis op te doen, om sodoende in die lewe daar buite 'n rekenaar vaardig te kan gebruik.
Dit is egter ook waar dat alle skole nie rekenaars, wat nog van 'n hele rekenaar lokaal, kan bekostig nie. Dit is hier waar die departement van onderwys moet hand bysit om te verseker dat alle skole toegerus word met die nodige fassiliteite, om die leerders togerus die wêreld daar buite in te stuur.
In 'n artikel deur Kobus van Wyk skryf hy: Gedurende ‘n onlangse gesprek oor die gebruik van inligtings- en kommunikasietegnologie (IKT) om onderwys te ondersteun, het die Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga gepraat oor die ernstige behoefte om IKT oplossings vir skole te vind.  Sy het genoem dat tegnologie administrasie, onderrig en leer in skole kan bevorder. In die lig hiervan is dit vreemd dat daar geen voorsiening vir IKT in die onlangse begroting vir die Departement van Onderwys gemaak is nie.

No comments:

Post a Comment