IKT is 'n effektiewe gereedskap om te gebruik vir sosiale en ekonomiese ontwikkeling. Die vrae wat gestel word is: watter elemente sal hierdie instelling laat seevier en is dit wel moontlik om IKT in Suid-Afrika effektief te kan gebruik/implementeer?
Die drie hoof elemente is: koste, volhoubaarheid en doeltreffende benutting. In Suid- Afrika moet enige oplossing wat aangeneem word of uit getoets word, koste doeltreffend wees, sodat dit die mees afgeleë gebiede en ons ontwikkelings-eise kan bereik. Daar is geen nut daarin om sulke goeie tegnologie te hê maar dit kan nie onderhou word nie. Ontplooiing van IKT waarborg nie doeltreffende benutting, wat kapasiteitsbou en effektiewe ondersteunings meganismes moet vergesel, nie.
Ten spyte van al die vereistes is daar wel 'n moontlikheid dat IKT suksesvol geïmplimenteer kan word in Suid-Afrika. Dit kan effektief gebruik word in ons land, mits al die hoof elemente na gekyk word en in voldoen word.
No comments:
Post a Comment