IKT hou verseker groot voordele in vir ons land. Nie net vir onderrig en leer nie, maar ook vir Suid_afrika as 'n ontwikkelende land binne 'n wereld vol moontlikhede. Dit kan lei tot ekonomiese groei en ontwikkelling sowel as onderrig voordele vir die leerder asook die onderwyser.
Die verbetering van leer met behulp van IKT, hou voordele in binne die snelveranderende 21 ste eeu soos: Tegnologiese geletterdheid, kommunikasievaardighede, die vermoe om saam met ander te werk, die vermoe om dinamiese situasies te hanteer, probleemoplossings vaardighede en inligtingsgeletterdheid.
IKT bied oog verbetering in die gehalte van onderrig en die opleiding van onderwysers.
Dit is ook belangrik om te besef dat IKT en die implimentering daarvan 'n langdurige en komplekse proses is, en nie binne die nabye toekoms algeheel geimplimenteer gaan word na wense nie. Die hoof rede hiervoor is dat daar nie genoegsame fondse beskikbaar is nie, en dat daar ook nie binne Suid-Afrika se begroting voorsiening hiervoor gemaak word nie
Wednesday, 19 October 2011
Die effektiwiteit van IKT in S.A. skole
IKT is 'n effektiewe gereedskap om te gebruik vir sosiale en ekonomiese ontwikkeling. Die vrae wat gestel word is: watter elemente sal hierdie instelling laat seevier en is dit wel moontlik om IKT in Suid-Afrika effektief te kan gebruik/implementeer?
Die drie hoof elemente is: koste, volhoubaarheid en doeltreffende benutting. In Suid- Afrika moet enige oplossing wat aangeneem word of uit getoets word, koste doeltreffend wees, sodat dit die mees afgeleë gebiede en ons ontwikkelings-eise kan bereik. Daar is geen nut daarin om sulke goeie tegnologie te hê maar dit kan nie onderhou word nie. Ontplooiing van IKT waarborg nie doeltreffende benutting, wat kapasiteitsbou en effektiewe ondersteunings meganismes moet vergesel, nie.
Ten spyte van al die vereistes is daar wel 'n moontlikheid dat IKT suksesvol geïmplimenteer kan word in Suid-Afrika. Dit kan effektief gebruik word in ons land, mits al die hoof elemente na gekyk word en in voldoen word.

Die Gebruik Van Rekenaars in Skole
In die hedendaagse lewe speel die rekenaar 'n al hoe groter rol. In die skool is daar ook 'n groot aanvraag na rekenaars.
Skole word genoodsaak om rekenaar lokale te hê en rekenaar wetenskap as vak aan te bied, omdat die mens al hoe meer afhanklik raak van die rekenaar en die tegnologie, ons lewe tog in die tegnologiese era. Dit is dus noodsaaklik dat skole byhou by die tegnologie en leerders in staat stel om die nodige kennis op te doen, om sodoende in die lewe daar buite 'n rekenaar vaardig te kan gebruik.
Dit is egter ook waar dat alle skole nie rekenaars, wat nog van 'n hele rekenaar lokaal, kan bekostig nie. Dit is hier waar die departement van onderwys moet hand bysit om te verseker dat alle skole toegerus word met die nodige fassiliteite, om die leerders togerus die wêreld daar buite in te stuur.
In 'n artikel deur Kobus van Wyk skryf hy: Gedurende ‘n onlangse gesprek oor die gebruik van inligtings- en kommunikasietegnologie (IKT) om onderwys te ondersteun, het die Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga gepraat oor die ernstige behoefte om IKT oplossings vir skole te vind. Sy het genoem dat tegnologie administrasie, onderrig en leer in skole kan bevorder. In die lig hiervan is dit vreemd dat daar geen voorsiening vir IKT in die onlangse begroting vir die Departement van Onderwys gemaak is nie.
Subscribe to:
Posts (Atom)